food-routes-event-reuben-riffelCelebrate a Baa-Baa-licious Braai Day with Reuben Riffel


Flex your braai-ceps on a Cape sheep farm

Saturday, 13 September 2014

Braai buffs and grill enthusiasts can join celebrity chef Reuben Riffel for a baa-baa-licious celebration at the charming Bartholomeus Klip in the Riebeek Valley, when he will fire up a Terroir to Table feast in preparation for National Braai Day on Saturday, 13 September.

Set on one of the biggest wheat and sheep farms in the Western Cape that includes a 10,000 hectare private nature reserve, Bartholomeus Klip – a mere hour’s drive from Cape Town – is the perfect retreat for one to get up close and comfortable with the gourmet side of the grill, whilst escaping the hustle and bustle with friends and family.

Reuben will be joined by resident chef and author, Louise Gillett, to share sumptuous tastes and tricks straight from the open fire and together this blazing duo will let guests in on a few smokin’ hot secrets to master this ultimate South African pastime.  

“Whether you are a seasoned ‘braaistro’ or a roasting rookie, it is your ticket to brush up on your skills and indulge in pure bucolic bliss while we celebrate our common heritage. It’s a fun, carefree day out for the whole family fuelled with the excitement of the daily operations of a working farm,” shares Chef Louise Gillett, who will sizzle with a few dishes from her award-winning cookbook, Life on a Cape Farm, on the day.  

From venison wors; West Coast fish; award-winning wines, and kids running wild to weird and wonderful side dishes; gumboots; sun hats, and friendly chitchats at the long table. This pre-Braai Day bash is hosted by Food Routes – SA’s first online Foodie Holidays and Tours specialist – and includes interactive cooking demos by the chefs, a tantalizing array of produce unique to the area and a four course al fresco lunch.

Guests will tuck into a hearty spread ranging from savoury appetizers to flame-kissed dessert delights – all and all a memorable Terroir to Table indulgence not to be missed.

Foodie firebugs will also be able to flex their own braai-ceps on the day during a team challenge when each group will have to create a braai-inspired starter from a mystery box of simple ingredients.

The exclusive Terroir to Table Braai Day at Bartholomeus Klip costs R385 per adult and includes the lunch and wine on the day. Kids between 6 and 12 years cost R185; kids five years and younger are free. There will also be lots of exciting attractions to keep the little ones busy.

Pre-bookings are essential as seating is limited. The country fun starts at 12h00.

The tranquil Bartholomeus Klip, which features a supremely comfortable five-room farmhouse and a self catering Wild Olive House & Cottage set beneath a spectacular mountain range, invites guests to make a Braai Weekend of it with special accommodation rates on offer for the weekend of 12- 14 September.  
 
To book your seat at the Terroir to Table Braai Day or for more information regarding the special stay and play packages on offer at Bartholomeus Klip contact Food Routes at Tel: 082 542 7566 or send an email to reservations@foodroutes.co.za. Also visit www.foodroutes.co.za and www.bartholomeusklip.com.

 

Vier ’n Baa-Baa-Bakgat Braaidag saam met Reuben Riffel


Braaivernuf vat vlam op ‘n Kaapse skaapplaas

Saterdag, 13 September 2014

Braai- en buitelug-entoesiaste kan by die bekende glanssjef Reuben Riffel aansluit vir ‘n Baa-Baa-Bakgat Braaifees by die bekoorlike Bartholomeus Klip in die Riebeek Vallei, wanneer hy gaan vlam vat met ‘n ‘Terroir tot Tafel’ ete ter voorbereiding vir Nasionale Braaidag op Saterdag, 13 September.

Bartholomeus Klip wat geleë is op een van die grootste werkende graan- en skaapplase in die Wes-Kaap, op ‘n 10 000 hektaar private natuurreservaat – slegs ‘n uur se ry vanaf Kaapstad – is die perfekte gasheer om vir jou te leer hoe om van jou braai ‘n fynproewer altaar te maak. Dit alles terwyl jy luilekker saam met jou vriende en familie kan ontspan, vêr van die gewoel en gewerskaf van die daaglikse lewe.

Met hul braaitange gepoets, sal Reuben saam met Bartholomeus Klip se kookwater sjef en skrywer Louise Gillett hulle jongste smaaksensasies en witwarm braai-geheime direk vanaf die kole met gaste deel. Hulle sal jou ook wys hoe om ekstra gastronomiese genot aan hierdie gewilde Suid-Afrikaanse tydverdryf te verleen.

“Of jy nou ‘n lekkerbek ‘braaistro’ is, of nog nat agter die ore is wanneer dit kom by vuuraansteek, hierdie is die ideale geleentheid vir jou om te leer hoe om jou braaivernuf op te skerp. Saam met dit vier ons ook in eg plattelandse styl, hartlike samehorigheid en ons land se trotse erfenis. Dit is ‘n pretdag vir die hele gesin, gevul met die opwinding van regte, egte plaaslewe,” gesels Louise Gillett. Sy sal op die dag so paar van haar resepte vanuit haar bekroonde kookboek, Life on a Cape Farm, opdis.

Van wildswors; Weskus vis; gehalte wyne, en kinders wat kommervry speel tot vreemde en veelsydige bygeregte; gumboots; sonhoedens en vriendelike geselsies by die langtafel. Hierdie vooraf-Braaidag makietie word aangebied deur Food Routes – Suid-Afrika se eerste aanlyn Foodie Vakansies & Toere spesialis – en sluit interaktiewe kookdemonstrasies deur die sjef duo; ‘n keurspel van plaaslike produkte eie aan die kontrei, en ‘n viergang middagete in.  

Geesdriftiges sal ook hulle eie ‘braai-ceps’ kan fleks wanneer die roosters nader getrek word vir ‘n spanbraai-kompetisie. Elke groep sal ‘n unieke dis op die kole moet berei, waarna Reuben die beste ‘Tangmeesters’ van die dag sal kroon.

Die eksklusiewe Terroir tot Tafel Braaidag by Bartholomeus Klip wat om 12h00 begin kos R385 per volwassene en sluit die ete en wyn op die dag in. Kinders tussen 6 en 12 jaar kos R185, vyfjaar en jonger kan verniet kom baljaar. Daar sal hope attraksies wees om die kleinspan besig te hou.

Voorafbesprekings is noodsaaklik siende sitplek beperk is.  

By die idilliese Bartholomeus Klip is daar ‘n luukse vyf-kamer plaashuis asook ‘n selfsorg     
Wild Olive Huis & Kothuis, geleë aan die voet van ‘n asemrowende bergreeks, en hul nooi belangstellendes uit om sommer ‘n hele Braai-naweek van dit te maak. Hulle bied spesiale verblyfstarriewe vir die naweek van 12-14 September aan.  
 
Om jou plek te bespreek vir die Terroir tot Tafel Braaidag en vir meer inligting oor die akkommodasie opsies by Bartholomeus Klip skakel Food Routes by Tel: 082 542 7566 of stuur ‘n epos na reservations@foodroutes.co.za. Besoek ook gerus  www.foodroutes.co.za en www.bartholomeusklip.com.